Psalms 138:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Dawid.Here, ek wil vir U dankie sêmet my hele hart,ek wil vir U singsodat al die gode dit kan hoor.

2. Ek wil buig na u gewyde tempelen ek wil u Naam prysomdat U doen wat U belowe heten omdat U dieselfde bly.

3. Die dag toe ek geroep heten gevra het dat U my moet help,toe het U my geantwoord,U het my sterk gemaak.

4. Al die konings van die aardesal vir U dankie sê,want hulle het gehoor wat U gesê het.

5. Hulle sal sing oor die dingewat die Here gedoen het,want die Here is ’n groot Koning.

6. Die Here is hoog in die hemelmaar Hy sien wie die nederige mense isen Hy weet ook baie goedwie die hoogmoedige mense is.

Psalms 138