Psalms 136:10-23 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hy het die oudste seuns in Egipte laat sterfen ook die eerste lammers en kalwers,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

11. Hy het die Israeliete laat weggaanvan die Egiptenaars,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

12. Hy het sy volk gelei met sy sterk hand,met sy arm wat Hy uitgesteek het,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

13. Julle moet dankie sêvir Hom wat die Riet-see in twee dele gedeel het,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

14. Hy het die Israeliete deur die see laat gaan,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

15. Maar Hy het die farao en sy soldatein die see laat val,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

16. Hy het sy volk deur die woestynlaat loop,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

17. Julle moet dankie sêvir Hom wat groot konings oorwin het,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

18. Hy het belangrike konings doodgemaak,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

19. Hy het vir Sihon, koning van die Amoriete,doodgemaak,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het,

20. en ook vir Og, koning van Basan,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

21. Hy het hulle lande weggegee, verniet,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

22. Hy het dit gegee vir sy dienaar Israel,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

23. Julle moet dankie sêvir Hom wat aan ons gedink hettoe dit baie sleg gegaan het met ons,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

Psalms 136