1. Julle moet dankie sê vir die Here,want Hy is goed,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
2. Julle moet dankie sê vir die God van die gode,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
3. Julle moet dankie sê vir die Koning van die konings,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
4. Net Hý het groot wonderwerke gedoen,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
5. Hy het die hemel gemaak,Hy het geweet hoe om dit te doen,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
6. Hy het die aarde neergesit op die water,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
7. Hy het die groot ligte gemaak,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
8. Hy het die son gemaak om oor die dag te regeer,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
9. En Hy het die maan en die sterre gemaakom oor die nag te regeer,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
10. Hy het die oudste seuns in Egipte laat sterfen ook die eerste lammers en kalwers,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
11. Hy het die Israeliete laat weggaanvan die Egiptenaars,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
12. Hy het sy volk gelei met sy sterk hand,met sy arm wat Hy uitgesteek het,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
13. Julle moet dankie sêvir Hom wat die Riet-see in twee dele gedeel het,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
14. Hy het die Israeliete deur die see laat gaan,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
15. Maar Hy het die farao en sy soldatein die see laat val,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.