Psalms 135:9-20 Bybel vir Almal (ABA)

9. Hy het tekens en wonderwerke gedoenin Egipte,Hy het dit gedoen teen die faraoen al sy amptenare.

10. Dit is die Here wat baie volke oorwin heten wat sterk konings laat sterf het:

11. Hy het koning Sihon van die Amoriete laat sterf,en koning Og van Basan,en al die konings van die land Kanaän.

12. En toe het die Here húlle lande gegeevir sy volk Israel,dit het die Israeliete se land geword.

13. Here, almal sal altyd u Naam ken,elke nuwe geslag sal weet van U.

14. Want die Here sal reg doen aan sy volk,Hy sal weer jammer wees vir sy dienaars.

15. Die volke se afgode is van silwer of goud,mense het hulle gemaak.

16. Die afgode het monde, maar hulle kan nie praat nie,hulle het oë, maar hulle kan nie sien nie,

17. hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie,hulle haal ook nie asem nie.

18. Die mense wat die afgode gemaak het,is soos hulle,en almal wat in hulle glo,is ook soos hulle.

19. Israeliete, julle moet die Here prys, nageslag van Aäron, julle moet die Here prys,

20. nageslag van Levi, julle moet die Here prys,julle almal wat die Here dien, julle moet die Here prys.

Psalms 135