3. “Ek sal nie in my huis ingaanen op my bed gaan lê nie,
4. ek sal nie gaan slaap nie,
5. ek sal eers vir die Here ’n plek kry,ek sal eers vir die Sterk God van Jakob’n woonplek kry.”
6. Ons het in die stad Efrata gehoor van die kis van God,ons het die kis gekry in die Jaär-veld.
7. Ons het gesê:“Kom ons gaan na die woonplek van die Here,kom ons gaan buig by sy troon.”
8. Here, U moet nou kom, U moet altyd hier wees,U en die kis wat wys dat U regeer.
9. U priesters moet die regte klere dra,die mense wat aan U behoort, moet sing.
10. Dawid was u dienaar,daarom moet U nie nou die koning, u gesalfde, los nie.
11. Die Here het vir Dawid belowe,en die Here sál doen wat Hy belowe het.Hy het gesê:“Ek sal iemand van jou nageslagop jou troon laat sit.