1. ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.Here, U moet dink aan Dawid,U moet dink aan al sy probleme.
2. Dawid het vir die Here iets belowe,hy het ’n gelofte gemaakaan die Sterk God van Jakob.Dawid het gesê:
3. “Ek sal nie in my huis ingaanen op my bed gaan lê nie,
4. ek sal nie gaan slaap nie,
5. ek sal eers vir die Here ’n plek kry,ek sal eers vir die Sterk God van Jakob’n woonplek kry.”
6. Ons het in die stad Efrata gehoor van die kis van God,ons het die kis gekry in die Jaär-veld.
7. Ons het gesê:“Kom ons gaan na die woonplek van die Here,kom ons gaan buig by sy troon.”