Psalms 129:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.“Ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was,”dit moet die volk Israel sê,

2. “ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was,maar hulle kon my nie wen nie.

3. Hulle het my rug stukkend geslaan met swepe.Dit het gelyk soos wanneer iemand geploeg heten die grond stukkend gebreek het.

4. Die Here het reg gedoen,Hy het die toue losgesnywaarmee die mense my vasgebind het,die mense wat verkeerd doen.

5. Ek bid dat almal wat vir Sion haat,sal verloor en sal verdwyn.

6. Ek bid dat hulle sal wees soos grasop huise se dakke, gras wat droog wordvoordat dit mooi gegroei het.

Psalms 129