Psalms 119:92-102 Bybel vir Almal (ABA)

92. Ek het geniet wat U vir ons leer.As dit nie so was nie,dan het ek gesterf, want ek kry swaar.

93. Ek sal nooit vergeet wat U beveel het nie,want U het my so laat lewe.

94. Ek behoort aan U, en U moet my red,want ek probeer om te doen wat U beveel.

95. Die mense wat verkeerd doen,is gereed om my dood te maak,maar ek dink net aan wat U gesê het.

96. Ek het gesien dat niks vir altyd aanhou nie,alles het ’n einde,maar u gebooie is oral en altyd daar.

97. Ek is baie lief vir die dinge wat U vir my leer,ek dink die hele dag daaroor.

98. U gebooie gee vir my wysheid,meer wysheid as wat my vyande het,want ek onthou altyd u gebooie.

99. Ek is verstandiger as almalwat vir my geleer het,want ek dink aan wat U gesê het.

100. Ek is slimmer as mense wat ouer is as ek,want ek doen wat U beveel het.

101. Ek doen niks wat verkeerd is nie,ek wil doen wat U gesê het.

102. Ek hou aan om te doen wat U besluit,want U self leer vir my.

Psalms 119