Psalms 119:73-88 Bybel vir Almal (ABA)

73. Ú het my gemaak en Ú het my laat lewe,U moet vir my leer sodat ek u gebooie kan ken.

74. Die mense wat vir U dien, sal na my kyken hulle sal bly wees,want hulle sal sien ek glodat U sal doen wat U gesê het.

75. Here, ek weet dat U reg besluit,en dat U my laat swaarkry hetomdat U gesê het U sal dit doen.

76. U moet doen wat U belowe het,dit sal dinge beter maak vir my.U het dit vir my gesê, vir my, u dienaar.

77. U moet jammer wees vir my sodat ek kan lewe,want ek geniet wat U vir my leer.

78. U moet die hoogmoedige mense laat verloor,want hulle het vir my gelieg en hulle het my verlei.Ék wil dink aan wat U beveel het.

79. U moet die mense wat vir U dien,na my toe laat kom,sodat hulle kan leer wat U gesê het.

80. Ek wil heeltemal gehoorsaam wees aan u wette,sodat niemand my kan verneder nie.

81. Ek wag en verlang daarna dat U my sal red,ek is seker dat U sal doen wat U gesê het.

82. My oë is moeg, want ek hou aan om te kykwanneer U dit weer goed sal laat gaan met mysoos U belowe het.

83. Ja, ek het geword soos ’n velsakwat in die rook hang,maar ek vergeet nie u wette nie.

84. Ek is u dienaar.Hoe lank sal ek nog lewe?Wanneer straf U die mensewat my volg en jaag?

85. Die hoogmoedige mense het gate gegrawesodat ek daarin moet val,húlle is die mense wat nie doenwat U vir ons geleer het nie.

86. Al u gebooie staan vas, dit verander nooit.Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar mense volg my en jaag my.U moet my help.

87. Ek het gedoen wat U beveel het,maar hulle het my amper doodgemaak.

88. U moet my laat aanhou lewe, soos U belowe het,sodat ek kan doen wat U sê.

Psalms 119