Psalms 119:58-69 Bybel vir Almal (ABA)

58. Ek soebat en vra vir U met my hele hart,U moet genadig wees vir my, soos U belowe het.

59. Wanneer ek dink aan hoe ek lewe,dan dink ek altyd weer aan wat U gesê het.

60. Ek is haastig, ek wag nie,ek wil gehoorsaam wees aan u gebooie.

61. Wanneer mense wat verkeerd doen,vir my in hulle vangnet wil vang,dan vergeet ek nie wat U vir ons geleer het nie.

62. Ek staan in die middel van die nag opom vir U dankie te sê, want alles wat U besluit het, is reg.

63. Ek is ’n vriend van al die mense wat vir U dienen wat doen wat U beveel.

64. Here, U doen wat U belowe het,oral op die aarde,U moet vir my leer wat u wette sê.

65. Here, U het goed gedoen aan my, u dienaar,dit is soos U gesê het.

66. U moet vir my leer om te weetwat is reg en wat is verkeerd,want ek glo dat u gebooie reg is.

67. Voordat dit met my so sleg gegaan het,het ek verkeerd gelewe,maar nou doen ek wat U sê.

68. U is goed en U doen goed,U moet vir my leer wat u wette sê.

69. Hoogmoedige mense liegen hulle praat sleg van my,maar ek doen wat U beveelmet my hele hart.

Psalms 119