Psalms 119:48-58 Bybel vir Almal (ABA)

48. Ek respekteer u gebooie, ek is lief vir hulle,ek sal aanhou dink oor u wette.

49. U moenie vergeet wat U vir my gesê het nie,vir my, u dienaar.Dit het my laat hoop dat U my sal help.

50. Toe dit sleg gegaan het met my,het u woorde dinge verander vir my,want die dinge wat U belowe het, het my laat aanhou lewe.

51. Toe hoogmoedige mense my baie gespot het,het ek nie opgehou om te doen wat U vir my geleer het nie.

52. Here, wanneer ek dink aan wat U lank gelede besluit het,dan voel ek beter.

53. Die mense wat verkeerd doen, maak my kwaad,dit is húlle wat nie doen wat U vir ons geleer het nie.

54. Ek sal sing oor u wette,so lank soos ek op hierdie aarde lewe.

55. Here, ek dink ook in die nag aan u Naam,en ek doen wat U vir ons geleer het.

56. Dit het met my gebeuromdat ek doen wat U beveel het.

57. Here, ek het net vir U,ek het belowe dat ek sal doen wat U gesê het.

58. Ek soebat en vra vir U met my hele hart,U moet genadig wees vir my, soos U belowe het.

Psalms 119