Psalms 119:35-54 Bybel vir Almal (ABA)

35. U moet my laat lewe soos u gebooie sê,want dit is vir my lekker.

36. U moet my helpsodat ek graag sal wil doen wat U sêen nie sal kies om ryk te word nie.

37. U moet my help sodat ek nie dinge wil hêwat niks beteken nie,U moet my laat lewe soos U wil hê.

38. U moet vir my doen wat U belowe het,vir my, u dienaar,want U het dit belowe vir mense wat vir U dien.

39. U moet keer dat mense my nie spot nie,ek is bang daarvoor, want wat U besluit, is goed.

40. U moet dit weet, ek wil graag hoor wat U beveel,U sal reg doen en my laat aanhou lewe.

41. Here, U moet vir my doen wat U belowe het,U moet my red, U het dit belowe.

42. Dan sal ek die mense kan antwoord wat my spot,want ek glo dat U sal doen wat U gesê het.

43. En U moet my help om altyd die waarheid te praat,want ek glo dat U sal doen wat U besluit het.

44. En ek sal aanhou doen wat U vir my leer,altyd en altyd.

45. En ek sal lewe soos ’n vry mens,want ek het probeer doen wat U beveel het.

46. En ek sal vir konings vertel wat U sê,ek sal weet wat om te sê.

47. Ek sal aanhou bly wees oor u gebooie,ek is lief vir hulle.

48. Ek respekteer u gebooie, ek is lief vir hulle,ek sal aanhou dink oor u wette.

49. U moenie vergeet wat U vir my gesê het nie,vir my, u dienaar.Dit het my laat hoop dat U my sal help.

50. Toe dit sleg gegaan het met my,het u woorde dinge verander vir my,want die dinge wat U belowe het, het my laat aanhou lewe.

51. Toe hoogmoedige mense my baie gespot het,het ek nie opgehou om te doen wat U vir my geleer het nie.

52. Here, wanneer ek dink aan wat U lank gelede besluit het,dan voel ek beter.

53. Die mense wat verkeerd doen, maak my kwaad,dit is húlle wat nie doen wat U vir ons geleer het nie.

54. Ek sal sing oor u wette,so lank soos ek op hierdie aarde lewe.

Psalms 119