Psalms 119:128-135 Bybel vir Almal (ABA)

128. Waarlik, ek probeer altyd om alles te doen wat U beveel,ek hou nie van iets wat vals is nie.

129. Wat U sê, is wonderlik,daarom doen ek wat U sê.

130. Wanneer mense verstaan wat U gesê het,dan is dit vir hulle soos ’n lig,dit wys vir jongmense wat hulle moet doen.

131. Ek is honger vir u gebooie,so honger soos ’n dier wat sy bek wyd oopmaakomdat hy honger is.

132. U moet luister en genadig wees vir my,soos U altyd doen vir die mensewat lief is vir u Naam.

133. U moet my help, sodat ek kan aanhouom te lewe soos U sê.U moenie dat sonde oor my regeer nie,nie een sonde nie.

134. U moet keer, mense moenie vir my verdruk nie,dan sal ek kan doen wat U beveel.

135. U moet naby my wees,naby my, u dienaar,en U moet vir my leer wat u wette sê.

Psalms 119