Psalms 119:106-120 Bybel vir Almal (ABA)

106. Ek het belowe, en ek sal dit doen:Ek sal doen wat U besluit, want U besluit reg.

107. Dit gaan baie baie sleg met my,U moet my laat aanhou lewe, soos U gesê het.

108. Here, die dinge wat ek vir U sê,is offers wat ek graag vir U bring.U moet dit asseblief aanvaar en U moet vir my leerom te verstaan wat U besluit.

109. Daar is altyd mense wat my wil doodmaak,maar ek vergeet nie wat U vir ons geleer het nie.

110. Die mense wat verkeerd doen, wil my vangsoos ’n mens voëls vang in ’n vangnet,maar ek hou aan om te doen wat U beveel.

111. Ek wil altyd onthou wat U sê,want dit maak my baie bly.

112. Ek het besluit om altyd te doenwat u wette sê, so lank soos ek lewe.

113. Ek hou nie van mense wat skynheilig is nie,maar ek is lief vir wat U vir ons geleer het.

114. By U is ek veilig, U beskerm my,ek weet U sal doen wat U gesê het.

115. Slegte mense moenie naby my kom nie,sodat ek kan doen wat die gebooievan my God sê.

116. U moet my regop hou, soos U belowe het,dan sal ek aanhou lewe,U moet my help, sodat ek kan aanhou hoop.

117. Wanneer U my regop hou, dan is ek veiligen dan kyk ek altyd wat u wette sê.

118. U hou nie van mense wat ongehoorsaam isaan u wette nie,want hulle is vals, hulle wil mense bedrieg.

119. U los al die mensewat verkeerd doen, hulle is soos skuimwat niks beteken nie.Daarom is ek lief vir wat U sê.

120. Ek is bang vir U, ek bewe,ek is bang vir wat U besluit.

Psalms 119