Psalms 119:100-110 Bybel vir Almal (ABA)

100. Ek is slimmer as mense wat ouer is as ek,want ek doen wat U beveel het.

101. Ek doen niks wat verkeerd is nie,ek wil doen wat U gesê het.

102. Ek hou aan om te doen wat U besluit,want U self leer vir my.

103. Dit is lekker om te praat oor die dingewat U belowe het,dit is lekkerder as heuning.

104. Ek verstaan wat U beveel het,daarom haat ek alles wat vals is.

105. Die dinge wat U vir ons gesê het,is vir my soos ’n lampwanneer ek in die donker loop,dit wys vir my hoe ek moet lewe.

106. Ek het belowe, en ek sal dit doen:Ek sal doen wat U besluit, want U besluit reg.

107. Dit gaan baie baie sleg met my,U moet my laat aanhou lewe, soos U gesê het.

108. Here, die dinge wat ek vir U sê,is offers wat ek graag vir U bring.U moet dit asseblief aanvaar en U moet vir my leerom te verstaan wat U besluit.

109. Daar is altyd mense wat my wil doodmaak,maar ek vergeet nie wat U vir ons geleer het nie.

110. Die mense wat verkeerd doen, wil my vangsoos ’n mens voëls vang in ’n vangnet,maar ek hou aan om te doen wat U beveel.

Psalms 119