6. Wanneer die Here by my is,dan is ek nie bang nie.Dan kan ander mense niks aan my doen nie.
7. Wanneer die Here by my is en Hy help my,dan sal ek die mense oorwin wat my haat.
8. Dit is beter om te vradat die Here jou moet beskerm,beter as om te dink dat mense jou sal help.
9. Dit is beter om te vradat die Here jou moet beskerm,beter as om te dinkdat belangrike mense jou sal help.
10. Wanneer baie volke my aanvalvan al die kante,dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my.
11. Wanneer hulle my aanval van al die kante,ja, wanneer hulle my van al die kante aanval,dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my.
12. Wanneer hulle my van al die kante aanval soos byeen hulle word moeg soos doringtakke wat verbrand,dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my.
13. Ek het amper geval,maar die Here het my gehelp.
14. Die Here gee vir my krag,Hy maak my sterk,Hy laat my wen teen my vyande.
15. Luister hoe sing die mense wat reg lewein hulle huise, hulle sing want hulle het gewen.Die Here het sy hand opgetel en Hy het hulle gehelp,Hy het hulle laat wen.
16. Die Here het sy hand hoog opgetel,Hy het hulle ver laat wen.
17. Ek sal nie sterf nie, ek sal leween ek sal vertel wat die Here gedoen het.
18. Die Here het my swaar gestrafmaar Hy het my nie laat sterf nie.
19. Julle moet vir my die poorte oopmaakwaar die Here die Regter is,ek wil deur die poorte gaan en vir die Here dankie sê.
20. Hier is die poort van die Here,mense wat reg gedoen het, kan daardeur gaan.