Psalms 118:16-27 Bybel vir Almal (ABA)

16. Die Here het sy hand hoog opgetel,Hy het hulle ver laat wen.

17. Ek sal nie sterf nie, ek sal leween ek sal vertel wat die Here gedoen het.

18. Die Here het my swaar gestrafmaar Hy het my nie laat sterf nie.

19. Julle moet vir my die poorte oopmaakwaar die Here die Regter is,ek wil deur die poorte gaan en vir die Here dankie sê.

20. Hier is die poort van die Here,mense wat reg gedoen het, kan daardeur gaan.

21. Ek wil vir U dankie sê,want U het my geantwoord, U het my gered.

22. Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie,daardie klip het die belangrikste klipin die gebou geword.

23. Die Here het dit laat gebeur,dit was vir ons ’n wonderwerk.

24. Hierdie is die dag wat die Here gemaak het,ons moet juig en bly wees daaroor.

25. Here, ons vra vir U, red ons asseblief,ons vra vir U, laat dit asseblief goed gaan met ons!

26. Ons groet elke persoon wat komomdat die Here hom gestuur het,ons is in die tempel en ons groet julle.

27. Die Here is God,Hy het vir ons die lig laat skyn.Julle moet die fees begin,julle moet takke neemen julle moet dit bring na die horings van die altaar.

Psalms 118