Psalms 116:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. Ek was baie bang, en ek het gedinkdaar is niemand wat ek kan vertrou nie.

12. Die Here het baie goeie dinge vir my gedoen.Wat kan ek vir Hom doen?

13. Ek sal ’n drank-offer bringen ek sal roep en sê: “Here!”

14. Ek sal my geloftes aan die Here betaalwaar die hele volk dit sien.

15. Die lewens van die mense wat in die Here glo,is vir Hom kosbaar.

16. Here, ek bid tot U, want ek behoort aan U,my ma het aan U behoort, en ek behoort aan U.U het die bande losgemaak wat my vasgehou het.

17. Ek sal vir U ’n dank-offer bring,ek sal roep en sê: “Here!”

18. Ek sal my geloftes aan die Here betaalwaar sy volk dit kan sien, ek sal al die geloftes betaal.

19. Ek sal dit doen op die oop stuk grondby die tempel, binne-in jou, Jerusalem.Julle moet die Here prys!

Psalms 116