Psalms 114:3-8 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die see het dit gesien en hy het gevlug,die Jordaan-rivier het weggedraai.

4. Die berge het gespring soos skaap-ramme,die heuwels het gespring soos lammers.

5. See, hoekom vlug jy?Jordaan-rivier, hoekom draai jy weg?

6. Berge, hoekom spring julle soos skaap-ramme?Heuwels, hoekom spring julle soos lammers?

7. Die aarde moet bewe wanneer die Here kom,wanneer die God van Jakob kom.

8. Dit is Hý wat rotse verander het,dit het watergate geword,Hy het harde klippe verander,dit het water-fonteine geword.

Psalms 114