1. Julle moet die Here prys.Ek wil vir die Here dankie sê in die gemeente,in die vergadering van mense wat eerlik lewe.
2. Die Here het groot dinge gedoen.Almal wat bly is oor wat Hy gedoen het,onthou dit.
3. Sy werk is soos die werk van ’n koning,Hy doen altyd reg aan mense.
4. Hy laat ons dink aan sy wonderwerke.Die Here is goed vir mense wat swaarkry,Hy is genadig.
5. Hy het kos gegee vir die mense wat Hom dien,Hy onthou altyd sy verbond.
6. Hy het vir sy volk gewys hoe sterk Hy istoe Hy vir hulle die landevan die ander volke gegee het.
7. Hy bly altyd dieselfde,en alles wat Hy doen, doen Hy reg.Sy wette verander nooit nie.
8. Hulle is vir altyd en altyd daar.’n Mens moet doen wat die wette sê,jy moet dit presies en eerlik doen.