Psalms 108:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ek wil hê al die volke moet hoorwanneer ek vir U dankie sê en vir U sing.

5. Want U doen wat U belowe,op die aarde en in die hemel,U bly dieselfde, ook tot by die wolke.

6. O God, U moet vir almal wysdat U die Groot Koning isvan die hemel en van die hele aarde.

7. U moet nou u hand optel en ons red,U moet doen wat ek vra,sodat ons, die mense vir wie U lief is,vry kan word.

8. God het in sy tempel gesê:“Ek het die vyande oorwin en Ek sal juigwanneer Ek die grond van die stad Sigem verdeelen wanneer Ek die Sukkot-vallei meeten vir mense gee.

Psalms 108