Psalms 108:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Lied. ’n Psalm. Van Dawid.

2. O God, ek wil iets doen,ek wil sing en musiek maak,ek self wil dit doen.

3. Ek wil my harp en my lier neem,ek wil sing voordat die son opkom.

4. Ek wil hê al die volke moet hoorwanneer ek vir U dankie sê en vir U sing.

5. Want U doen wat U belowe,op die aarde en in die hemel,U bly dieselfde, ook tot by die wolke.

6. O God, U moet vir almal wysdat U die Groot Koning isvan die hemel en van die hele aarde.

7. U moet nou u hand optel en ons red,U moet doen wat ek vra,sodat ons, die mense vir wie U lief is,vry kan word.

8. God het in sy tempel gesê:“Ek het die vyande oorwin en Ek sal juigwanneer Ek die grond van die stad Sigem verdeelen wanneer Ek die Sukkot-vallei meeten vir mense gee.

Psalms 108