Psalms 106:38-48 Bybel vir Almal (ABA)

38. Hulle het onskuldige mense vermoor,hulle het hulle eie seuns en dogtersge-offer vir die afgode van Kanaän.Hulle het die land vuil gemaak met bloed.

39. Hulle het onrein geword oor die dingewat hulle gedoen het,hulle was ontrou aan God,hulle het baie verkeerde dinge gedoen.

40. Die Here het baie kwaad geword vir sy volk,Hy het nie meer gehou van die mensewat aan Hom behoort nie.

41. Toe het Hy sy volk vir die heidene gegee,sodat die heidene oor hulle kon regeer,die heidene wat vir hulle gehaat het.

42. Die volk se vyande het hulle verdruken laat swaarkry.

43. Die Here het hulle baie maal gered,maar hulle het besluit om opstandig te bly,hulle het altyd meer verkeerde dinge gedoen.

44. Die Here het gesien dat dit sleg gaan met hulleen Hy het gehoor hoe hulle soebat dat Hy hulle moet help.

45. Hy het toe gedink aan sy verbond met hulleen Hy het dit beter laat gaan met hulle,Hy het onthou dat hulle sý mense is.

46. Hy het hulle vyande se harte verander,die vyande wat vir hulle gevang en weggevat het.Die vyande was toe jammer vir die volk van die Here.

47. Ons God die Here, U moet ons red,U moet ons bymekaarmaak tussen die volke,sodat ons u heilige Naam kan sêen vir U dankie kan sê,sodat ons dit sal geniet om U te prys.

48. Almal moet die Here, die God van Israel, prys,hulle moet Hom altyd en altyd prys.En die hele volk moet sê: Amen.Julle moet die Here prys!

Psalms 106