Psalms 106:31-42 Bybel vir Almal (ABA)

31. Mense sal altyd en altyd onthoudat Pinehas gedoen het wat reg was.

32. Die volk het die Here kwaad gemaakby die Meriba-water,en dit het sleg gegaan met Mosesomdat hulle dit gedoen het.

33. Hulle het Moses baie kwaad gemaak,hy het nie gedink wat hy sê nie,en hy het dinge gesê wat baie verkeerd was.

34. Die Here het vir die volk gesêhulle moet die volke wat heidene was,almal doodmaak,maar hulle het dit nie gedoen nie.

35. Hulle het met heidene getrouen hulle het geleer om te doen wat die heidene doen.

36. Hulle het die heidene se afgode begin dien,en dit het hulle vasgevangsoos ’n vangstrik ’n voël vasvang.

37. Hulle het hulle seuns en hulle dogtersvir die veldgode ge-offer.

38. Hulle het onskuldige mense vermoor,hulle het hulle eie seuns en dogtersge-offer vir die afgode van Kanaän.Hulle het die land vuil gemaak met bloed.

39. Hulle het onrein geword oor die dingewat hulle gedoen het,hulle was ontrou aan God,hulle het baie verkeerde dinge gedoen.

40. Die Here het baie kwaad geword vir sy volk,Hy het nie meer gehou van die mensewat aan Hom behoort nie.

41. Toe het Hy sy volk vir die heidene gegee,sodat die heidene oor hulle kon regeer,die heidene wat vir hulle gehaat het.

42. Die volk se vyande het hulle verdruken laat swaarkry.

Psalms 106