Psalms 106:11-28 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die water het bo-oor hulle vyande gespoel,nie een van hulle het aangehou lewe nie.

12. Toe het ons voorvaders geweetdat die Here doen wat Hy sê,hulle het gesing en Hom geprys.

13. Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het,hulle het nie gewag totdat Hy vir hulle sêwat hulle moet doen nie.

14. Hulle was honger vrate in die woestyn,hulle het God getoets in die woestyn.

15. En Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het,maar Hy het hulle ook siek gemaak en maer laat word.

16. Hulle was in die kamp baie kwaad vir Mosesen vir Aäron wat aan die Here gewy was.

17. Toe het die aarde oopgegaan en vir Datan ingesluk,dit het toegegaan oor Abiram en sy vriende.

18. ’n Vuur het hulle almal gebrand,’n vlam het die mense verbrandwat verkeerd gedoen het.

19. Hulle het by Horeb ’n kalfbeeld gemaak,hulle het gebuig voor ’n beeld.

20. Hulle het hulle Koning gelos en hulle het ’n beeld aanbid,’n beeld van ’n bul wat gras vreet.

21. Hulle het vir God vergeet, God wat vir hulle gered het,God wat groot dinge gedoen het in Egipte,

22. wonderwerke in die land van Gam,en dinge by die Riet-see, dit het die mense bang laat word.

23. Die Here het besluit om hulle almal te laat sterf,en Hy sou dit gedoen het, maar Moses het vir Hom gesoebatom dit nie te doen nie.Die Here het voorheen vir Moses gekies,en Moses het nou gekeer dat die Herehulle nie almal doodmaak nie.

24. Die mense het gemaak of die mooi land niks beteken nie,hulle het nie geglo dat die Here sal doen wat Hy gesê het nie.

25. Hulle het in hulle tente gesit en kla,hulle wou nie luister na wat die Here sê nie.

26. Die Here het vas besluit dat Hy hulle sou laat sterfin die woestyn,

27. dat Hy hulle nageslag sou laat sterf tussen heidene,dat Hy hulle oral na ander lande sou jaag.

28. Hulle het vir Baäl-Peor begin dien,hulle het vleis geëet wat die mense ge-offer het vir dooie afgode.

Psalms 106