12. Die voëls kom maak hulle neste bo die water,hulle sit en sing tussen die takke.
13. U maak die berge nat met water uit u bo-kamers,die aarde kry meer as genoeg van alles wat U gee.
14. U laat die gras groei sodat die beeste kan eet,en U gee plante wat die mense kan plantom kos uit die aarde te kry.
15. Daar kom wyn om die mens bly te maak,olyf-olie om sy gesig te laat blink,en brood om hom sterk te maak.
16. Die bome van die Here, die sederbomewat Hy op die Libanon-berg geplant het,kry meer as genoeg reën.
17. Die voëls maak hulle neste daar,die ooievaar bou sy nes daar in die sipresbome.
18. Die hoë berge is ’n huis vir die klipbokke,die rotse is veilige plekke vir die dassies.
19. U het die maan gemaaksodat ons sal weet wanneer dit tyd is om fees te vier.Die son weet self wanneer hy moet ondergaan.
20. U maak dit donker en dit word nag,dan kom al die bosdiere uit.
21. Die leeus brul en soek iets om te vang,hulle vra vir God hulle kos.
22. Wanneer die son begin skyn, dan kom hulle terugen hulle gaan lê in die plekke waar hulle wegkruip.
23. Dan gaan die mens na sy werk,en hy werk tot die aand.
24. Here, U het baie dinge gemaak,ons sien u wysheid in alles wat U gemaak het.Die aarde is vol van alles wat U gemaak het.
25. Daar is die see, dit is groot en wyd,daar is baie seediere, groot en klein,hulle swem daar rond.
26. Daar seil baie skepe,en die Leviatan swem daar.U het hom gemaak, U speel daar met hom.
27. Almal wag vir Uom vir hulle kos te gee op die regte tyd.