Psalms 104:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek wil die Here prys.My God die Here, U is baie groot.U is die Koning, en almal rondom Urespekteer U en prys U.

2. Daar is lig rondom U.U het die hemeldak styfgetreksoos ’n mens ’n tent styftrek.

3. U het die balke van u bo-kamers vasgemaakbo die boonste water.U ry op die wolke,U loop op die vlerke van die wind.

4. U kies die winde om u boodskappers te wees,die vuurvlamme is u werkers.

5. U het die aarde op sy plek vasgesit,sodat dit nooit sal skud nie.

6. U het die aarde met die groot see toegemaak,die water het bo-oor die berge gevloei.

7. U het hard gepraat, en toe het die water gevlug.Toe die water u donderweer hoor, het dit weggevloei.

8. Die water het oor die berge gespoel,dit het afgegaan in die valleie na die plekwat U daarvoor gereedgemaak het.

9. U het gewys waar die grens isen U het gesê die water moenie oor die grens gaan nie,sodat die water nie weer die aarde sal toemaak nie.

10. U het fonteine laat uitkom in die valleie,sodat die water tussen die berge kan vloei.

Psalms 104