3. Dit is Hý wat al my sondes vergeween wat my gesond maak van al my siektes.
4. Dit is Hý wat my lewe red van die grafen wat altyd vir my doen wat Hy belowe.Dit is Hý wat goed is vir my wanneer ek swaarkry.
5. Dit is Hý wat baie goeie dinge vir my gee,sodat ek elke dag so jonk voel soos ’n arend.
6. Die Here doen reg aan mense,Hy oordeel reg oor die mense wat swaarkry.
7. Hy het vir Moses gesê wat Hy wil hê,Hy het vir die Israeliete gesê wat Hy gedoen het.
8. Die Here is goed vir mense wat swaarkry,Hy is genadig en geduldig,Hy doen altyd wat Hy belowe het.
9. Hy sal ons nie altyd beskuldig nieen nie altyd kwaad bly nie.
10. Hy straf ons oor ons sonde,maar Hy straf ons nie so swaar soos Hy móét nie.
11. Ja, soos die hemel baie hoog is bo die aarde,so doen die Here baie vir die mense wat Hom dien,Hy doen altyd wat Hy belowe het.
12. So ver soos die ooste van die weste is,so ver neem Hy ons sonde weg van ons.
13. Soos ’n pa jammer is vir sy kinders,so is die Here ook jammer vir die mense wat Hom dien,
14. want Hy ken ons, Hy weet dat ons stof is.
15. Die mens se lewe is soos die lewe van ’n plant,hy groei soos ’n veldblom,
16. en wanneer die wind daaroor gewaai het,dan is die blom weg,niemand weet waar hy gegroei het nie.