1. Van Dawid.Ek wil die Here prys,ek wil sy heilige Naam prysmet my hele hart.
2. Ek wil die Here prys,ek wil nie een ding vergeetwat Hy gedoen het nie.
3. Dit is Hý wat al my sondes vergeween wat my gesond maak van al my siektes.
4. Dit is Hý wat my lewe red van die grafen wat altyd vir my doen wat Hy belowe.Dit is Hý wat goed is vir my wanneer ek swaarkry.
5. Dit is Hý wat baie goeie dinge vir my gee,sodat ek elke dag so jonk voel soos ’n arend.
6. Die Here doen reg aan mense,Hy oordeel reg oor die mense wat swaarkry.
7. Hy het vir Moses gesê wat Hy wil hê,Hy het vir die Israeliete gesê wat Hy gedoen het.
8. Die Here is goed vir mense wat swaarkry,Hy is genadig en geduldig,Hy doen altyd wat Hy belowe het.