Psalms 102:23-26 Bybel vir Almal (ABA)

23. wanneer die volke, die mense uit ander lande,bymekaarkom om die Here te dien.

24. Die Here het my swak laat wordtoe ek jonk was,Hy het my lewe kort gemaak.

25. Ek sê: My God, U moenie my nou wegneem nie,ek het nog nie klaar gelewe nie.U self lewe vir altyd en altyd.

26. Lank gelede het U die aarde vas laat staan,en U het self die hemel gemaak.

Psalms 102