Psalms 101:5-8 Bybel vir Almal (ABA)

5. Ek sal die mense stilmaak wat slegte dinge sêoor ander mense wat dit nie hoor nie.Ek sal nie vriende wees met iemandwat hoogmoedig is nie,met iemand wat nie nederig is nie.

6. Ek sal net mense in die land kies wat ek kan glo,mense wat heeltemal reg lewe,net húlle mag vir my werk.

7. In my huis mag niemand woonwat vir ander mense bedrieg nie.Niemand wat leuens vertel,mag vir my werk nie.

8. Ek sal elke oggend almal in die landwat verkeerde dinge doen, vir altyd stilmaak.Ek sal die mense wat slegte dinge doen,laat verdwyn uit die stad van die Here.

Psalms 101