Psalms 101:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Dawid. ’n Psalm.Here, ek wil sing oor Uwat altyd doen wat U belowe,oor U wat altyd reg oordeel.Ek wil vir U sing.

2. Ek wil weet hoe om heeltemal reg te lewe.Wanneer kom U na my toe?Ek wil heeltemal reg lewe in my huis.

3. Ek wil niks doen wat sleg is nie.Ek haat die dinge wat mense doenwat nie reg lewe nie.Ek wil nie daardie dinge doen nie.

4. Ek wil nie vals wees nie,ek wil niks doen wat verkeerd is nie.

5. Ek sal die mense stilmaak wat slegte dinge sêoor ander mense wat dit nie hoor nie.Ek sal nie vriende wees met iemandwat hoogmoedig is nie,met iemand wat nie nederig is nie.

Psalms 101