1. Dooie vlieë laat lekkerruik-oliestink en sleg word.Wanneer iemand ’n bietjie dom is,dan beteken sy wysheid min,en mense sal hom minder respekteer.
2. Die verstand van ’n wyse menslaat dit goed gaan met hom,die verstand van ’n dwaaslaat dit sleg gaan met hom.
3. Ook wanneer die dwaasop ’n pad loop,dan kan mense sien dat hynie verstand het nie,hy wys vir almal dat hy’n dwaas is.
4. Wanneer ’n persoon wat regeer,kwaad word vir jou,dan moet jy op jou plek blyen jou werk doen,want as jy kalm bly,dan sal jy nie dinge doenwat baie verkeerd is nie.
5. Ek het ’n verkeerde ding in hierdie wêreld gesien, dit is ’n fout wat ’n belangrike persoon maak:
6. Hy laat die dwase op baie belangrike plekke sit, maar ryk mense moet op die minder belangrike plekke sit.
7. Ek het gesien dwase ry op perde, en leiers moet soos slawe loop.
8. Wanneer iemand ’n gat grawe,dan sal hy miskien self daarin val,wanneer iemand ’n muur begin afbreek,dan sal ’n slang hom miskien pik.
9. Wanneer iemand klippe breek,dan sal die klippe hom miskien seermaak,wanneer iemand bome afkap,dan moet hy versigtig wees.
10. Wanneer ’n byl stomp isen jy maak dit nie skerp nie,dan moet jy harder kap,maar as jy wysheid het,dan kan jy slaag.