Openbaring 7:3-12 Bybel vir Almal (ABA)

3. en gesê: “Julle moenie nou die aarde en die see en die bome verwoes nie! Julle moet wag totdat ons die mense gemerk het wat vir God dien, ons sal hulle op hulle voorkoppe merk met die seël.”

4. Ek het gehoor hoeveel mense merke gekry het op hulle voorkoppe. Dit was 144 000 mense, en hulle het gekom van elke stam van die Israeliete:

9. Ná hierdie dinge het ek gekyk en ek het ’n groot klomp mense gesien wat bymekaar is. Daar was so baie mense dat niemand hulle kon tel nie. Hulle het gekom uit al die lande, stamme, volke en tale. Hulle het gestaan voor God se troon en voor die Lam. Hulle het wit klere gedra en hulle het takke van palmbome in hulle hande gehad.

10. Hulle het hard geskree en gesê:“Ons God sit op die troon,Hy en die Lam het oorwin!”

11. En al die engele het rondom God se troon en rondom die ouderlinge en rondom die vier diere gestaan. Die engele het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het vir God aanbid.

12. Hulle het gesê:“Amen! Ons prys ons God!Ons prys Hom, ons Koning!Hy het al die wysheid!Ons sê vir Hom dankie!Ons eer Hom!Hy is baie sterk,Hy kan alles doen!Ons wil Hom altyd prys! Amen!”

Openbaring 7