4. En ek het baie gehuil omdat daar niemand was wat die boekrol kon oopmaak of daarin kon kyk nie.
5. Maar een van die ouderlinge het vir my gesê: “Jy moenie huil nie! Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Wortel van Dawid, het oorwin. Daarom kan Hy die sewe seëls breek en die boekrol oopmaak.”
6. Toe sien ek ’n Lam. Die Lam het by die troon gestaan, tussen die vier diere en die ouderlinge. Dit het gelyk of die Lam geslag is. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die Sewe Geeste van God. God stuur hulle oor die hele aarde.
7. En die Lam het gegaan en die boekrol geneem uit die regter-hand van die Persoon wat op die troon sit.
8. Toe die Lam die boekrol neem, het die vier diere en die 24 ouderlinge voor die Persoon gekniel soos ’n mens voor ’n koning kniel. Elkeen het ’n harp gehad en goue bakke. Die goue bakke was vol wierook. Die wierook is die gebede van die gelowiges.
9. Toe sing die diere en die ouderlinge hierdie nuwe lied vir die Lam:“Net U mag die boekrol neem!U mag die seëls breeken die boekrol oopmaak!Want die mensehet U doodgemaak,ja, U het gesterf en U het mensegekoop vir God,mense van al die stamme, tale,volke en lande!
10. U het gesê God regeer oor hulle,hulle is soos die priesterswat vir God werk,en hulle sal oor die aarde regeer!”
11. Toe sien en hoor ek baie engele wat sing. Die engele was rondom God se troon en rondom die diere en die ouderlinge. Daar was baie miljoene engele.
12. Hulle het hierdie woorde hard gesing:“Almal moet sing oor die Lamwat gesterf het.Hulle moet vertel dat Hy sterken ryk is,en dat Hy wysheid en krag het,hulle moet Hom eer en prysen loof!”