God het gesê hierdie dier mag daardie wonderlike dinge doen. Die dier mag die wonderlike dinge doen in die plek van die dier wat uit die see gekom het. Die dier uit die aarde het die mense op die aarde bedrieg met daardie wonderlike dinge en hy het vir hulle gesê dat hulle ’n beeld moet maak vir die dier uit die see. Iemand het die dier uit die see met ’n swaard gesteek, en hy het ’n baie groot seerplek gehad, maar hy het gelewe.