Openbaring 12:14-18 Bybel vir Almal (ABA)

14. Maar God het vir die vrou twee vlerke van ’n groot arend gegee sodat sy kon wegvlieg van die slang, sy kon vlieg na haar plek in die woestyn. Daar sal God vir haar sorg, drie en ’n half jaar lank.

15. Toe het die slang baie water gespoeg na die vrou toe, so baie water soos ’n rivier. Hy wou hê dat die water die vrou moet wegspoel.

16. Maar die aarde het die vrou gehelp. Die aarde het oopgegaan en die water het in die aarde ingevloei, die water wat die draak gespoeg het.

17. Die draak was baie kwaad vir die vrou en hy het weggegaan om oorlog te gaan maak teen die vrou se ander kinders. Haar ander kinders is die mense wat doen wat God se wette sê en wat Jesus gesê het.

18. Die draak het op die strand gaan staan.

Openbaring 12