Numeri 4:47-49 Bybel vir Almal (ABA)

47. Hulle het almal getel wat tussen 30 en 50 jaar oud was, almal wat die werk kon doen met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het.

48. Die Leviete was almal saam 8 580.

49. Die Here het vir Moses gesê hy en die ander leiers moet die Leviete tel en hulle moet vir elke familie sê watter werk die familie moet doen met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het en wat elkeen moet dra.

Numeri 4