Numeri 34:2-6 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle sal die land Kanaän kry, die hele land tot by sy grense.“Wanneer julle in die land gekom het,

3. dan moet die grense só wees: Die suidelike grens moet wees van die Sin-woestyn tot teen die land Edom. Die suidgrens moet begin langs die oostelike strand van die Sout-see,

4. en dan moet die grens draai suid van Skerpioen-pas en verder gaan tot by Sin. Dan moet die grens suid van Kades-Barnea verbygaan tot by Gasar-Addar en verder tot by Asmon.

5. Daar draai die grens en dit gaan na Egipte-spruit en tot teen die see.

6. “Die wesgrens moet die Groot See wees.

Numeri 34