Die Here het vir Moses gesê: “Op die Sabbatdag moet julle twee gesonde jaaroud ram-lammers offer. Julle moet dit offer saam met twee tiendes van ’n efa van die beste meel wat julle met olyf-olie moet meng, en saam met die drank-offer wat julle saam met die lammers moet offer.