4. Toe God by Bileam kom, het Bileam vir God gesê: “Ek het sewe altare laat bou en ek het op elke altaar ’n bul en ’n skaap-ram ge-offer.”
5. God sê toe vir Bileam wat hy moet sê, en Hy sê Bileam moet teruggaan na Balak toe en hy moet dit vir Balak sê.
6. Bileam het teruggekom by Balak. En daar staan Balak toe nog by sy brand-offer, hy en die amptenare van Moab.
7. En toe begin Bileam praat. Hy het gesê:“Balak het my laat komvan die land Aram,van die berge in die ooste.Hy het gesê:‘Kom vervloek die nageslagvan Jakob vir my,kom sê dat dit sleg moet gaanmet Israel.’
8. Maar as die Here nie die volk vervloek nie,dan kan ek ook nie vir hullevervloek nie.Die Here het nie gesê dat ditsleg moet gaan met hulle nie.Kan ék dan sê dat dit slegmoet gaan met hulle?Nee.
9. Want ek is hier bo-op die rotseen ek sien die volkvan hier bo af,ek kyk van die heuwels afna hulle.Hier is ’n volk wat alleen woon,hulle woon nie saammet ander volke nie.