Numeri 2:1-18-24 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:

10-16. “Die vlag van die Ruben-kamp moet suid van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:“Ruben wat 46 500 manne het,hulle leier is Elisurseun van Sedeür,Simeon wat 59 300 manne het,hulle leier is Selumiëlseun van Suri-Saddai,Gad wat 46 650 manne het,hulle leier is Eljasafseun van Reüel.“In die Ruben-kamp is hulle almal saam 125 450 manne en hulle moet tweede gaan.

17. “Daarna moet die Leviete die tent dra, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die tente van die Leviete is in die middel van die kamp, en elkeen moet gaan wanneer dit sy beurt is, elkeen by sy vlag.

18-24. “Die vlag van die Efraim-kamp moet wes van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:“Efraim wat 40 500 manne het,hulle leier is Elisamaseun van Ammihud,Manasse wat 32 200 manne het,hulle leier is Gamliëlseun van Pedasur,Benjamin wat 35 400 manne het,hulle leier is Abidanseun van Gidoni.“In die Efraim-kamp is hulle almal saam 108 100 manne en hulle moet derde gaan.

Numeri 2