Numeri 1:20-46 Bybel vir Almal (ABA)

Moses en Aäron en die twaalf leiers het die manne getel wat 20 jaar of ouer was, elkeen wat oorlog kon maak. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elke persoon is, aan watter familie hy behoort en by watter groep van die leër hy moet wees. Hier is die getalle van die manne van die nageslag van die stamvaders:Ruben, die oudste seunvan Israel: 46 500 manneSimeon: 59 300Gad: 45 650Juda: 74 600Issaskar: 54 400Sebulon: 57 400Efraim seun van Josef: 40 500Manasse seun van Josef: 32 200Benjamin: 35 400Dan: 62 700Aser: 41 500Naftali: 53 400Almal saam: 603 550 manne.

Numeri 1

Numeri 1:10-54