4. Hulle het vier maal dieselfde boodskap vir my gestuur, en ek het dieselfde antwoord vir hulle teruggestuur.
5. Sanballat het die vyfde maal dieselfde boodskap gestuur, maar toe het sy boodskapper ’n oop brief in sy hand gehad.
6. In die brief was geskryf: “Mense vertel tussen die volke dat die Judeërs opstandig wil word teen die koning, en Gasmu sê dit is waar. Hulle sê dit is hoekom jy die muur bou. Hulle sê dat jy self die koning van die Judeërs wil word.
7. Hulle sê ook dat jy profete gekies en aangestel het om in Jerusalem te skree en te sê: ‘Nehemia is nou koning in Juda!’ Ek wil hê jy moet weet dat die koning hiervan sal hoor. Daarom moet jy kom sodat ons daaroor kan praat.”
8. Ek het vir hom laat weet: “Jy praat nie die waarheid nie. Nee, jy het self hierdie storie gemaak.”
9. Ja, hulle almal wou ons laat skrik, hulle het gedink ons sal moedeloos word, en die werk sal nie klaarkom nie. Daarom het ek gebid dat ek sterk sal bly.