6. Ek was baie kwaad toe ek hoor wat hulle sê.
7. Ek het daaroor gedink, en toe het ek die belangrike mense en die leiers beskuldig en vir hulle gesê: “Julle wil hê julle broers moet meer en meer geld vir julle skuld.”Ek het die mense bymekaargeroep, en ons het ’n groot volksvergadering gehou om hulle te beskuldig.
8. Ek het vir die belangrike mense en die leiers gesê: “Die Judeërs moes hulleself verkoop aan mense wat nie Israeliete is nie, maar ons het hulle losgekoop. Nou verkoop julle hulle weer, en ons sal hulle wéér moet loskoop.”Hulle het stilgebly, niemand het iets gesê nie.
9. Toe sê ek: “Dit is nie ’n goeie ding wat julle doen nie. Julle moet só lewe en julle moet die Here só dien dat ons vyande, die heidene, niks sleg van julle kan sê nie.
10. Ek en my broers en my manne het ook vir hierdie mense geld en koring geleen. Ons moet nou vergeet dat hulle vir ons iets skuld.
11. Julle moet asseblief vandag hulle koringlande, hulle wingerde, hulle olyfboorde en hulle huise teruggee. Julle moet sê hulle moenie die geld en die koring en die olyf-olie teruggee wat hulle vir julle skuld nie.”
12. Hulle het gesê: “Ons sal dit teruggee en ons sal nie vir hulle nog iets vra nie. Ons sal doen wat jy sê.”Ek het die priesters geroep. Hulle almal moes belowe dat hulle sal doen wat hulle gesê het, en dat God die getuie sal wees.