8. Ek het hout nodig vir die balke van die poorte en vir die gebou by die tempel wat sterk mure moet hê, en vir die huis waar ek sal moet woon. Jy moet ook vir my ’n brief gee om vir Asaf te gee sodat hy vir my hout kan gee. Asaf is die amptenaar wat die houtbosse van die koning oppas.”Die koning het vir my die briewe gegee, want my God was goed vir my en Hy het sy hand oor my gehou.
9. Ek het by die goewerneurs van Wes-Eufraat gekom en ek het die brief van die koning vir hulle gegee. Die koning het offisiere en manne op perde saam met my gestuur.
10. Sanballat die Goroniet en Tobija, die amptenaar by die Ammoniete, het daarvan gehoor. Hulle was kwaad en ontsteld, want hulle wou nie hê dat daar iemand moes kom wat iets goed vir die Israeliete wil doen nie.
11. Ek het in Jerusalem gekom. Nadat ek drie dae daar was,