Nahum 3:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Julle sal brand in die vuur.Die vyande sal julle doodmaaksoos sprinkane.Julle het so baie gewordsoos sprinkane.

16. Julle handelaars was meeras die sterre in die lug,maar hulle is nou weg.Hulle is weg soos sprinkanewat wegvliegwanneer hulle klaar gevreet het.

17. Die mense wat die stadmoes oppas, en die amptenare,is soos sprinkanewat na ’n ander plek vlieg.Die swerms sprinkanesit op die klipmurewanneer dit koud is,maar wanneer dit warm word,dan vlieg hulle weg,en niemand weet waarnatoehulle gaan nie.

18. Koning van Assirië,die leiers van jou mense slaap.Jou mense het gevlugen hulle is oral op die berge.Daar is niemandwat hulle bymekaarmaak nie.

Nahum 3