1. Die Here sê:“Dit sal sleg gaan met Nineve.Die mense van die stadhet baie mense vermoor.Hulle is skelm,die stad is vol goedwat hulle van ander mensegevat het.
2. “Die vyande slaan die perdemet swepe.Die oorlogkarre se wiele raas.Die perde hardloop vinnig,die oorlogkarre skud.
3. “Die vyande kom vinnig naderop hulle perde.Hulle swaarde en hulle spieseblink in die son.Hulle maak baie mense dood.Die lyke lê oral, die mense valoor die lyke.
4. “Nineve, dit sal alles gebeuromdat jy soos ’n prostituut is,’n mooi vrou wat getoor het.Jy het ander mense gevat,en hulle het jou slawe geword.Jy het alles gevat wat hulle het.
5. “Nou is Ek teen jou,”sê die Here wat oor alles regeer.“Ek sal met jou doen soos’n mens met ’n slegte vrou doen:Ek sal jou rok optelsodat die ander volkejou kaal liggaam kan sien.Hulle sal sien jy is ’n slegte vrou.
6. “Ek sal vuilgoed op jou gooi,en die mense sal sleg dink van jou.Hulle sal jou spot.
7. Almal wat jou sien,sal weggaan van jou en sê:‘Nineve is verwoes!’Niemand sal daaroorjammer wees nie.Ek kry niemandwat jou kan troos nie.