6. Dan maak die vyandedie hekke oop en hulle gaan in,en die mense in die paleishou op om te veg.Die hekke was in die rivierwat deur die stad gevloei het.
7. Dit is seker:Die vyande vat al die mensevan Nineve weg.Die slavinne klasoos duiwe wat koer,hulle huil en slaan op hulle bors.
8. Die mense van Ninevevlug uit die stadsoos water wat uit ’n dam vloei.Die soldate skree:“Wag! Staan stil!”Maar niemand kyk om nie.
9. Die vyande skree:“Vat die silwer, vat die goud!”Daar is baie mooi en duur goed.
10. Die vyande het allesin die stad gevat.Hulle het die stad verwoes.Die mense van Ninevehet bang geword.Hulle knieë het swak geword.Hulle het seergekry.Almal se gesigte het bleek geword.
13. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Nineve, Ek is nou teen jou.Ek sal jou oorlogkarre verbranden Ek sal jou soldate doodmaak.Jy sal nie weer ander mensese goed vat nie.Jy sal nie weer boodskappersstuur na ander plekke nie.”