Matteus 28:9-13 Bybel vir Almal (ABA)

9. Skielik het Jesus daar voor hulle gestaan en Hy het vir hulle gesê: “Ek groet julle!”Die vroue kom toe na Jesus toe. Hulle het aan sy voete geraak en Hom aanbid.

10. Jesus het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my vriende dat hulle na Galilea moet gaan. Hulle sal My daar sien.”

11. Die vroue het gegaan om te doen wat Jesus gesê het. Party van die soldate wat die graf opgepas het, het toe ook na Jerusalem gegaan. Hulle het vir die priesterleiers gaan vertel wat alles by die graf gebeur het.

12. Die priesterleiers en die familieleiers het toe bymekaargekom en hulle het planne gemaak. Hulle het baie geld vir die soldate gegee

13. en vir hulle gesê: “Julle moet vir die mense sê: ‘Jesus se dissipels het in die nag sy liggaam kom steel terwyl ons geslaap het.’

Matteus 28